Saturday, July 27, 2013
Die trein en vliegtuig reis terug
Vrydag 26ste. Stefan en ek is albei vroeg op, ons maak vir oulaas sommetjies en klaar die finansies uit. Klaar gepak, ry ek 'n entjie saam met Stefan tot by die Ilnn revier wat hy sal volg na Zurich, nog omtrent 500km, voorwaar 'n uitdaging. So neem ons albei afskeid van die Danube of Donau (soos dit hier bekend staan), ons metgesel vir ons so lank. Dit is voorwaar 'n magtige rivier, soms destruktief soos wat die onlangse vloede getoon het, maar meestal 'n lewensaar vir so baie mense en soveel lande. Ek ry vir oulaas nog op die cobblestone paadjies deur die ou deel van Passau en op 'n styl afdraende val wraggies, my eerste val van die toer. Ek moes darem my reputasie gestand doen, 'n nerf af knie die resultaat. Op die stasie koop ek 'n Newsweek, te lekker leestof vir die dag. Ek kry die trein nege uur na Regensburg. Dis ongelooflik hoe die openbare vervoer ingerig is vir fietsryers. In elke kompartement is daar 'n plek vir fietse en rekbande om die fietse vas te hou. Daar is 'n hele paar ander fiets toerders ook op die trein. As die kondukteer verbykom, besef ek gelukkig dat ek by Plattling moet oorklim, die eerste van vier, elke keer moet ek my fiets met sakke en al af by die trappe en weer op na die nuwe platform. By Regensburg moet ek 90 minute wag en in die stasie winkelsentrum koop ek 'n lekker hoender en slaai maal, wat'n fees. Op pad na Regensburg klim daar 'n fietse jong dame met hoehak skoene en 'n berg fietsop die trein, waar gesien in Suid Afrika! Behalwe vir die Newsweek wat onder andere 'n artikel het oor kreatiewe maniere om roomys te maak ( gaan dit beslis probeer) slaap ek leker so al sittende. Op pad na Ulm klim daar 'n paar op met 'n tandem. Ons raak aan die gesels, hulle kom van Frankryk, dis hul heel eerste fiets toer. Hulle het skaars geoefen voor die tyd,die tandem het hulle in die huis gestoor vir 'n vriend en dit sommer gebruik. Hulle het in Donaueshingen by die oorsprong van die Danube begin maar nie heeltemal Passau gehaal nie weens fiets probleme. Nogtans het hulle dit baie geniet en sal beslis weer toer? By Ulm is die trein na Schaffhausen laat en ek begin my bekommer dat ek die aansluiting na Zurich sal mis. Stefan se nefie, Hugo van der Merwe het laat weet hy sal my op die stasie kom haal. Hugo werk vir Google in Zurich, al vier jaar. Ons ry langs die Boden see verby, pragtige somer middag. Die trein is 'n halfuur laat by Shaffhausen maar die volgende trein na Zurich staan reg om te vertrek, en ek maak dit net trap af en op met die fiets. Ek kan darem vir Hugo sms en 19.21 ek in Zurich, stiptelik Switserse tyd soos aangedui. Hugo het my met sy fiets kom haal, hy kom reg sonder kar in Zurich, die openbare vervoer is heel voldoende. Ons fiets na Hugo se woonstel en hy ontvang my gul is sy blyplek. 'n Bietjie later daagsy suster Anneke met haar Hollandse vriend, Pieter Wiiteveen op, hulle is saam met vakansie en die plan is dat hulle met Hugo en Stefan die week in Switserland sal deurbring, naruurlik fietsry! Ek bring 'n heerlike aand saam met Hugo, Anneke en Pieter deur in Zurich, ons stap sommer na die meer, neem 'n boot na middestad waar ons heerlike pasta eet op die sypaadjie voor die restaurant. Die roomys plek maak ongelukkig net toe as ons daar aankom. Dan met die tram tot bo op die bult by die universiteit met'n asemrowende uitsig oor die beligte kerk torings van Zurich. Ons ry weer tram terug huistoe, wat 'n fantastiese and met sulke vriendelik mense! Ek slaap weer op 'n matras, heerlik! Saterdag oggend is dit roereiers vir ontbyt en dan pak. Hugo gaan aan 'n driekamp deelneem laterdie dag, die swemdeel, hy het duidelik van sy oom se gene! Pieter bied aan om my lughawe toe te neem. Hugo het 'n fiets box waarin ek my fiets kan verpak maar die pas nie in sy kar nie. Die maklikste op die ou end is om die fiets op die fiertsrak te sit en by die lughawe die fiets te verpak. Allesloop glad by die lughawe, ons kry 'n fietsbox vir omtrent R250 gou gou is die fiets binne-in. Turkish airlines vra weer R1200 ekstra vir die fiets, moral van die storie, as jy 'n fiets het moet nie Turkish Airlines vlieg nie. Ek en Pieter drink vir oulaas iets saam, ek is ewig dankbaar vir die moeite wat hulle vir my gedoen het.
Friday, July 26, 2013
Sprokies mooi Oostenryk
Woensdag 24ste. Ek is vroeg op met 'n seer lyf van die harde slaap en skryf blog en probeer fotos aflaai met die internet tyd wat nog oor is. Ons ontbyt is 'n paar snye brood van gisteraand se oorblyfsels. Dis al amper 9 uur as ons in die pad val. Vandag is die roete so goed gemerk dat daar min kans is vir verkeerd ry! Dis meestal 'n pragtige geteerde fietspaadjie al langs die rivier. Vandag is daar eers baie fietsryers op die pad, baie gesinne, selfs 'n hondjie ry saam voor in 'n fiets mandjie. Vanaf Altenworth is daar 'n paadjie aan elke kant van die rivier en ons het 'n keuse. Daar is nou ook elke nou en dan 'n wal in die rivier met sluise vir die skepe. Ons sien geweldig baie plesier bote, massiewe bote wat 160 mense vat. Dit moet 'n groot toeriste bedryf wees. Die eerste deel tot by Krems is nog plat maar dan begin die wereld bergagtig raak, nou nie ons soort berge nie maar darem. Dis bewolk vandag en bietjie koeler, bly onder die dertigs. Daar val so 'n paar druppels maar net so een op die grond en een op die hond. By Krems stop ons by 'n Spar en koop drinkgoed, piesangs en wat ons dink is yoghurt. Net uit die dorp besluit ons om weer aan die suidekant van die rivier te ry, oor die brug kry ons 'n lekker plekkie by die rivier. Die yoghurt is toe room. Dit laat my die die heel dag vol voel. Die rivier loop nou tuseen die berge deur en ons paadjie 'n bietjiie meer op en af. Ons ry deur wingerd lande en vrugte boorde, voel soos Worcester. Elke nou en dan ry ons deur 'n klein dorpie met die huise op die strate gebou. Oorkant is die berghelling beplak met wingerde. Elke nou en dan is daar 'n groot kasteel teen die hang. Voorwaar 'n sprokies land. Ons vorder vandag goed teen amper 23km per uur. Stefan se wiel raak weer bietjie pap maar niks wat die pomp nie kan regmaak nie. My fiets begin ook geluide maak, dink dis dalk die BB joint maar sal maar moet hou tot die einde. Met die goeie kaart beplan ons vandag om te ry tot by Au waar daar 'n kamplek is. Dis middag drie uur en 110km later dat ons by Ybbs kom. Ons koop weer drinkgoed by 'n Spar en sit langs die rivier en eet. Ek raak vaak en vang 'n dutjie tot Stefan my tot orde roep. "Time and tide wait for no man" is sy geliefde aansporing. Op die pad lewe ek op melk produkte, volroom melk en yoghurt in een of ander vorm. Ek neem geen koeldrank, vrugte sap of energie stafies nie en dit lyk asof dit werk. Weer op die pad kruis ons weer die rivier by Wallsee want ons kampplek is oorkant. Weer langs die rivier, ry ons weer een van die ou bekende plesierbote verby, dis hasie en skilpad, die bote stop nie. Die paadjie is nou plek plek heel verspoel van die vloed skade. Sewe uur kom ons by die kamplek, 'n mooi plekkie langs die rivier en vriendelike mense wat Engels praat. 10 Euro per kop is nie sleg nie. Ons kontant is net amper op, ek moes vnadag geld gettek het, my beurtvir die geld kittie. Stefan krap rond in sy rugsak vir die laaste euros en ons kom uit by 28 Euro nadat ons die kamplek betaal het. Die naaste winkel is 4km weg en ons besluit om maar sommer by die kamplek te eet, dit meen 14Euro per persoon en ons bestudeer die menu teen die muur in detail vir die beste opsies, net 'n bier moet ek he vandag! Op die ou einde is dit pizza en 'n lekker buegette, tipeis Oostenryks. Hier by die kampplek laai almal hullle elektronise gadgets sommer in die badkamer en ek maak ook so, los my iPad oornag daar! Dit lyk na reen as ons inkruip. Vandag het ons 159 km gedoen.
Een goeie ding kom tot 'n einde
Donderdag 25ste. Ekhet dit gedoen, 'n blog geskryf en verloor, nie gesave nie! So hier kom die tweede probeerslag. Weer vroeg op met 'n seer lyf maar elke nag 'n bietjie beter. 'n Lekkker buitjie reen het in die nag geval net die uithang klere is nat. Ons ontbyt is twee piesangs oorgebly van die vorige dag. Net voor ons ry raak ek aan die gesels met 'n Hollandse paar wat geoordeel aan hulle uitrusting ervare fiets toerders is. Inderdaad so, hulle het al oor die wereld getoer. Die man sien ek blog en verwys my na 'n fietsryers blog " crazyguyona bike" wat ek beslis sal opkyk. Hulle het gedetaileerde kaarte wat hule kry by bikeonline. Die plan vandag is om Passau so gou moontlik te haal sodat ek 'n treinkaartjie na Zurich kan koop. Ek hoop nog dat ons dalk Regensburg kan haal Vrydag waar ek dan op die trein kan klim. Dis nog 130km na Passau. Ons kom half ag weg en tot by Linz ry ons binneland tussen bewerkte lande deur. Linz is 'n groot plek met rokende skoorstene en hope gruis langs die rivier. Die goed uitgelegde en gemerkte fietspaadjies neem ons sonder moeite deur die stad. Ek kry kans om ons kontant vloei probleem op te los by 'n automaat. Daar is baie fietsryers op die pad, ek ry so op Stefan se wiel dat as hy 'n ou omie op sy fiets verbysteek, ek nie die aankomende fietse sien en net net by die omie verbyskuur. Waar skel die omie my darem dat die klowe weergalm, dit raak nou meer bergagtig. Na 40km roep ek halt by weerens 'n skilder mooi dorpie aan die rivier, Wilhering. Ons kry 'n heerlike winkel met alles wat ons hart begeer, kos gewys, en koop die gewone, piesangs, melk en yoghurt ( seker gemaak dis die regte ding die slag) met meusli by vir verandering. Ons soek plek langs die rivier maar daar is 'n groot komosie met polisie wat motors voorkeer. Heel toevallig het ons op die wereld roei (rowing) kampioenskap afgekom op 'n uitloper van die rivier. Terwyl ons ontbyt eet kyk ons na die uitdunne van die twee mans en dames roei. Ons sien geen Suid afrikaners nie, wonder waar ons olimpiese kampioene is? 'n Jong man trek langs ons in op 'n snaakse kontrapsie van 'n fiets,'n recliner, maar hy gebruik ook sy arms om die fiets voort te dryf deur die stuurstang op en en af te beweeg. Dit is gekoppel aan die ketting met 'n ekstra tandrat. By dit alles trek hy nog 'n waentjie met 'n vreeslike pakasie. Ons raak aan die gesels met hom en sy vriend, hulle is Pole oppad na Frankryk vir 'n geestelike retreat. Die fiets is sy idee en hy het eimand gekry om dit vir hom te bou. Ons fietsry treintjie tel nou weer onverbiddelik spoed op, Stefan die lokomotief, ek die enigste waentjie wat verbete vasklou. As Stefan eers aandie gang is ry ons oor die 25km per uur en soms tot 30. Die berge maak nou 'n kloof waardeur die rivier vloei en vir seker 30km ry ons reg langs die rivier met boomdedekte berghange reg tot by die rivier. Dit kompeteer beslis met die Iron Gates in Serbie vir die mooiste deel van die roete. Daar is baie fiets verkeer maar ook baie bote op die rivier, plesier bote en vrag bote. Daar is 'n fietspaadjie albeikante van die rivier, ons ry suid, volgende keer sal ek noord doen! Teen die einde van die kloof gaan die pad teen die helling uit en dis harde trap maar darem weer genadiglik 'n afdraende. By mooi naam dorpie, Engelhartszell, roep ek weer halt, ons het al 50km onverpoos gedoen maar die Spar is nie goed vir ons nie, toe tussen 12 en 2. Twee oorblywende piesangs moet maar doen vir middagete en ons druk deur na Passau. Drie uur is ons in Passau en dis die gewone vra en verdwaal voor ons die stasie kry. In die proses val Stefan met sy swaar pakasie teen 'n styl paadjie op met trappies. By die stasie is daar gelukkig baie hulpvaardige Engels magtige mense by die besprekings kantoor. Ek kan Vrydag oggend 12.20 'n trein kry by Regensburg en ek bespreek sommer, sit my meer as R1000 terug! By 'n boekwinkel op die stasie is al die Donau Radweg boekies wat ek so begeer, te koop. Ek blaai deur een en besef dis nog 150km na Regensburg, verder as wat ons gedink het. Terug by 'n geduldig wagtende Stefan, besin ons weer of dit haalbaar is, en Stefan bring my terug na die aarde, dis net te riskant en kan kannie bekostig om my trein te verpas nie. Met 'n seer hart besef ek dis die einde van my fiets toer. Na 'n drinking yoghurt by die stasie kry ons die kamplek met die hulp vandie teoristeburo. Dis mooi langs 'n riviertjie met baie mede fietsryers, ons vra een om vir oulaas 'n foto van Stefan ek in ons fietsry gewaad en fietse te neem. Fietse afgepak, tente opgeslaan en skoon gestort vaar ons die dorp in op ligte fietse. Die ou deel is pragtig met nou cobblestone straatjies belyn met hoe geboue. Ons plak onsself neer by 'n straat kafeetjie vir 'n welverdiende koue bier. Die eienaar wys vir ons waar die merk is van die vloed waters, die hele area was vir drie dae onderwater. Ons dwaal verder en kry eg Duitse kos by nog 'n straat restaurant, worsies maar die sauerkraut is ongelukkig op. Op die heelike warm somersaand is daar 'n heelike atmosfeer in die strate met baie mense wat buite sit en eet. Ons moet darem die aand afsluit met die tradisionele roomys by 'n roomys stalletjie. My moee lyf gaan vanand lekker slaap matras of te nie! Stefan beplan nou om verder te ry na Zurich al langs die Inn rivier.
Tuesday, July 23, 2013
Ons verdwaal weer
Dinsdag 23ste. Stefan probeer my wiel met die afspeke regtrek met sy leatherman en ons besluit om maar so aan te ry. Net na sewe val ons in die pad weer ontbytloos. Daar is 'n heerlike teerpaadjie al langs die rivier tot by Bratislava, baie mense wat fietsry of skate, ek is beindruk met die Slovene wat so oefening bewus is. Die paadjie neem ons reg deur Bratislava sonder verkeer, wat 'n fees. Ons ry tot op die brug oor die rivier net om darem 'n mooi uitsig van die stad te kry. Wanneer sal ons sulke fiets paadjiesin Kaapstad kry? die prioriteit is seker eers huise vir almal. Weer terug op die roete kom ons gou in Oostenryk en dadelik is daar weer aanwysings, nou is dit van geen bordjies na sommer baie, elke paal het 'n paar op wat virskillende fiets roetes aandui, wat dit ironies moeiliker maak. Ons ry weg van die rivier bietjie berg op na Hainburg deur Altenburg na Petronell-Camuntum waar 'n ou Romynse stad was. Die bordjies wys nou in verskillende rigtings en ons Èurovelo roete met 'n 6 op is nerens te sien. Ek wil links en Stefan regs net om agter te kom die paadjies kom weer bymekaar! Ek moet elke slag my sonbril afhaal om my leesbril op te sit. terwyl ons probeer besluit waar na toe, kom 'n ou omie verby geskuifel, se in Engels hy kan nie Engels praat nie, en begin dadelik met 'n lang relaas in Duits waarvan ons niks verstaan nie maar darem eerbiedig luister. As ek wegry roep Stefan my terug, ek het my sonbril vergeet op die sypaadjie, nie die eerste keer dat Stefan my red nie en seker ook nie die laaste keer nie. Ons kom by die oorblyfsels van die Romynse stad, 'n groot boog (arch) waar ons bietjie vertoef. 'n Ent verder kom ons weer by 'n klomp verwarrende bordjies, onse no 6 wys links en regs, ek dink links, Stefan regs. Dis nou Stefan se beurt om by die rivier te wil wees en ons gaan regs in 'n mooi dorpie met die naam van Wildungsmauer. Ons ry reg af rivier toe maar geen bordjies! Ons vat 'n padjie langs die rivier wat al kleiner raak tot dit net 'n enkel paadjie is, gou word dit modderig met boomstompe waaroor ons moet klim, duidelik deel van die vloed skade, ons sukkel stadig aan virpaar kilometer, dis baie mooi in die bos maar beslis nie die regte pad nie. Weer by 'n dorpie ry ons maar weer bult uit na 'n groot pad, gelukkig loop daar 'n paadjie sonder verkeer langs die grootpad. By die volgende dorp Haslau kry ons weer die bordjies, groot verligting. Ons ry weer reg af na die rivier waar ons op 'n sandpad beland, pragtig tussen die bome. Ons is nou in 'n natuur reservaat. Daar is 'n aanwysing na 'n ferrie, maar die slag is dit net 'n groot motorboot wat mense en fietse karwei. Weer is ons gelukkig, net as ons aankom is die boot daar om'n ander fietsryer oor te neem, dit lyk asof hulle net kom as hulle iemand oorkant die rivier sien. Die rivier vloei hier sterk met 'n baster stroom versnelling aan die een kant, maar die kraftige boot neem ons veiig oor om aan die anderkant vas te meer teen 'n boot restaurant. Dis nou al 62km verder, al twaalf uur en nog geen ontbyt! Ek begin besef dat teen die vlak van inspanning waarteen ons ry, so onder die 60% van maksimum hartspoed, 'n mens ver kan kom sonder kos. Op die oorkant sit ons heerlik op 'n bank en eet wat ons oor het, 'n blikkie vis en 3 rys koekies wat sorgvuldig in twee gedeel word! Deur die bos kry ons nou weer die Eurovelo 6 bordjie, nog so 30 km na Vienna (Wien). Ons is nou weer op die wal en aanvanklik is dit geteer en ons vorder goed. Maar dan word dit grond en gras en dis harde werk. Ons ry af van die wal op 'n pad langsaan maar dit neem ons weg van die rivier in 'n beboude deel in verkeer, seker al voorstede van Vienna. Ons probeer weer pad vra, derde keer gelukkig, 'n ouer omie op 'n fiets met kampgoed op ry verby, ek jaag agterna en vra pad so in die ry. Hy is Engels magtig en bied aan dat ons saam met hom kan ry sodat hy ons die weg kan wys. Gou is ons by die rivier in Wien op die regte fiets pad. Dit is vakansie, mense braai, swem in die rivier, al te vrolik. Die openbare chemiese toilette langs die rivier het die interessante handels naam; Toi-Toi. Wonder of dit enige nut sal wees vir die Kyayalitsha probleem. Ons is nie seker hoe ons die stad moet benader nie. By een van die baie brue oor die rivier, kry ons 'n Duitse paar fietsryers oppad van Praag na die Danube. Die man ry 'n vierwiel "recliner" fiets met al sy bagasie, lyk nie of hy boudjie probleme sal he nie. Op die rivierwal koop ons elk 'n hoender burger en 'n lekker opdraai roomys. Ons ry oor een van die brue en dwaal bietjie rond in die stad. Stefan vra weer pad en ons besluit om maar terug te gaan oor die rivier en koers te kry verder. Maar eers stop ons by 'n groot mark waar ons heerlike druiwe, perskes, piesangs en dadels koop. Ek los Stefan net daar en koop 'n kaart van Oostenryk en kry uiteindelik 'n nuwe simcard met lugtyd en data teen R200. Die fiets paadjie neem ons gou uit Vienna al langs die rivier. Dis wonderlike geteerde paadjies, ons vorder goed, by sewe uur het ons al 144km gery en begin dink aan slaap plek. Ons is in Tulnn en daar is wraggies 'n goed toegeruste kamplek. Teen 13 Euro per persoon duurder as Serbie, maar nog billik. Ons slaan tente op tussen 'n menigte ander fietsryers. Vandag het ons baie ander fietsryers teengekom. Die Europeers is baie goed toegerus. Dis heel gesinne wat saam ry. Peuters ry in waentjies wat pa of ma agter die fiets trek, kinders ry op fietsies saam, soms met 'n stang vasgemaak aan pa se fiets. Ons sien ook tandems wat ook twee wiel waentjies met bagasie saamtrek ( hoe lyk dit, Eve?). As ons kos gaan soek in die dorp, kry ons net 'n gerieflikheids winkel by 'n garage, ons gewone voorraad kos R200, kon maar net sowel by die restaurant gaan eet het. Nogtans smul ons heerlik aan die lekker brood wat Stefan gekoop het met kaas en sardientjies daarop. Die muskiete pla nie te veel nie, Stefan is gou in die bed, ek skryf nog blog want ek het onnodig internet tyd gekoop vir R70 vir twee uur by die kamp plek. Ons kry 'n gratis boekie by die ontvangs met gedetaileerde kaarte van Donau Radweg roete van Passau na Wien. Stefan se sonlaaier werk heel goed. Hy monteer dit elke dag op sy sakerpasie. My garmin moet elke dag gelaai word. Die sonlaaier laai nie die garmin vol nie, so ek het al gekeer in die middel van die dag as ons stop, die garmin te laai en dan weer aan die einde van die dag.
Die aarde is plat
Maandag die 22ste. Ons is vroeg oggend reg. die groot kasteel op die kop oorkant die rivier lyk manjifiek in die vroee oggend son. Rondom Budapest is die wereld meer bergagtig. Na sewe val ons in die pad sonder ontbyt. Die eerste stukkie is weer pragtig langs die rivier wat deur 'n kloof loop. 'n Entjie verder wys die bordjie reg rivier se kant toe, alweer 'n verkeerde aanwysing? Ons dwaal 'n bietjie rond, ek vra waar is die dorp op die aanwysing en die man wys oorkant die rivier, nou eers sien ons die lewensgroot ferrie op die kaai. Wanneer vertrek dit; oor twee minute. Wat 'n gelukkie. Oorkant ry ons weer lekker langs die rivier tot by Ezsergom. Daar is 'n manjifieke basilika teen die berg. Die aanwysings is weer onduidelik maar 'n ouer Duitse paar op gepakte fietse gee vir ons goeie raad. Hulle kom van Bratislava in Slovakye waarheen ons op pad is. Ons moet oor die rivier in Slovakye en dan al langs die rivier op tot by Bratislava. Halfpad oor die brug kondig die borde aan dat ons in die republiek van Slovenska is en ons ry dèur Sturovo. Geen bordjies in Slovenska! Ons hou maar in 'n rigting wat ons dink sal ons by die rivier bring. Na so 15km van deur dorpies en landerye ry kom ons by die rivier en met die tweede probeerslag kry ons 'n lieflike pad net langs die rivier. Die deel was duidelik onder water met die vloed. Ons beland weer op die wal langs die rivier en vorder goed. 30, 40 km, nog geen ontbyt. Ry die man dan op water en genade! Na 60km kom ons by 'n mooi klein dorpie waar ons by 'n klein winkeltjie brunch koop en heerlik op 'n bank langs die rivier eet, die son bak nou al erg warm teen 35 grade. Weer oppad kom ons by 'n groot dorp, Komarno waar ons stilhou by 'n groot winkelkompleks met 'n groot Tesco. Ek probeer simcard koop maar niemand verstaan my nie. Die aarde is so plat soos 'n panne koek, dis weer ons en die grondwal, net dis nou grondpad met gruis klippies wat ry moeilik maak. Laat middag kom ons by Medvedov, ons water is op en ons moet stop. ons kry 'n fietsende ouer Australiese paar wat nou in Hlolland bly waar die vrou oorspronklik vandaan kom. Hulle se so 40km verder moet ons weer rivier oor, beter daardie kant na Bratislava. Na 10km kom ons by 'n groot mensgemaakte dam in die rivier. Daar is groot sluise waar die bote moet deur. Ons kyk hoe twee massiewe rivier bote wat rivier op ry in vaar en die water vlak stadig styg in die sluis. Op die wal raak ons aan die gesels met 'n Italiaanse man met sy Noorweegse seun. Ons moet hier oor die rivier. Die volgende 20km is op die wal van die mens gemaakte kanaal in die rivier wat die water op dam vir die hidroelektriese skema tussen Hongarye en Slovakye. Met die wegtrek slag skaaf my agterwiel en ons merk dat dit erg buckle, 'n af speek, o wee. Ons besluit om maar so aan te ry, op spoed mis die wiel die raam net. Na sewe kom ons by die begin van die kanaal, nog 'n wal in die rivier met groot sluise waar die water na die oorspronklike loop in die rivier gereguleer word. In die middel is 'n witwater rafting baan gebou en 'n klomp manne is besig om of met rubber ducks of enkel kanos op en af te oefen in die rapids. Ons ry rond om kamplek te soek aan die oorkantste wal maar kry nie regtig 'n lekker plek nie. Ons besluit om maar eers iets te ete te kry by 'n boot restaurant in die middel van die damwal. Al amper klaar geeet, vra Stefan of hulle weet van akkomodasie, daar is kamers op die boot beskikbaar teen 15 Euro per persoon, wat 'n verligting. Stefan en ek deel 'n lekker kamer met badkamer reg op die water. Die ete werk bietjie duurder uit as wat ons gebaken het maar na 174km is dit seker verdien. Ons het die heel dag net 200m geklim en dit was seker alles die eerste rukkie.
Ons verdwaal, verloor mekaar en gaan na die verkeerde grenspos
Vrydag die 19de. Ons is vroeg op, Stefan is haastig, 6.45 is ons opgesaal en reg, maar niks gasvrou nie. Net voor sewe daag sy op, sy is alklaar aan't huis verwe en vol verf spatsels. Ons besluit om nie ontbyt te neem nie en val in die pad wat weer die wal langs die rivier is opad na Ziva. Nie lank nie en die roete bordjie wys ons moet regs af van die wal, maar ir ons lyk dit verkeerd. Ons volg maar die pyl en ry van dorpie tot dorpie maar geen verdere aanwysings nie. So in die ry vra ons die pad na Ziva, ja, mans vra ook pad! Eers word ons beduie reguit aan, maar later ken niemand die naam nie. By die laaste dorpie ry ons verby 'n perdekar en Stefan vra rigting so in die verbygaan; reguit aan. Ek raak onrustig en vra weer, dis nou 'n ander storie. Weer 'n groot klomp gebare en onverstaanbare tale, maar ons moet 'n ander pad vat wat ons gelukkig weer by die aanwysings bring. Ons stop net daar en koop ontbyt en verorber dit onder die boom net voor die winkel. Twee jong Deense fietsryer kom verby en ons raak an die gesels. Hulle is op 'n gap jaar en het in Mei in Franryk begin, hulle fietse is op die eerste dag gesteel! Hulle is nou op die laaste deel van hul avontuur , ry ook stroomop soos ons. Hulle is vooruit terwyl ons klaar eet. Die pad volg nou die wal langs die rivier, meestal grondpad, soms so sleg dat ons die ander grondpad langs die wal probeer. Met die skud my een sak los, die een lussie waardeur ek die band steek, ruk af. Ek probeer vir Stefan roep, hees geskree maar al wat hoor is Stefan. as hy eers ry, is hy in 'n wereld van sy eie. Gelukkig stop hy darem 'n ent verder en as ek hom inhaal kan ons die saak berreder. Stefan is soos 'n diesel enjin, het geen ent. Al manier wAt ek kan byhou is in sy slipstream. As ek agter raak, moet ek sprint om by te kom anders is dit neusie verby. Stefan trap met laer revolusies (cadence) as ek. Dis soos pa wat voor loop met lang tree en boetie wat op pa se hakke trippel om te probeer byhou. Middag kom ons by Apatin, dis warm en ons stop by die eerste die beste winkel, eet sommer op die gras voor die winkel. Die hitte maak ons lomerig en ons dut op die gras. Weer aan die gang net 'n paar honderd meter verder kom ons weer by die rivier, pragtig. Ons kon lekker by die rivier ontspan het. Ons draai nou weg van die rivier na Sombor, 'n baie bobryke dorp. Weer raak onsh die bordjies kwyt. Ons eindig op by 'n garage,ek bestudeer die jaart, koop roomys en Stefan vra pad. Ek het skaars die roomyse in hand toe Stefan my roep, ddar is 'n man wat gou die pad sal wys, ons moet agterna met die fietse. Ons spring op die fietse en so al roomys etende agterna. Skaars weg besef ek, ek het my sonbril by die garage laat le. Ek skrre vir Stefan hy moet voirt ek sal kom. By die garagex vind ek my sonbril agter op die fietsrak! Ek jaag agter Stefan maar sien hom nie. Ek kry wel die aanwysings na Monostor, die vlg dorpie, maar as ek vir Stefan sms wil die boodskapnie deurgaan nie, my data alweer op? Wat nou? Ek besluit om maar aan te ry, Stefan is seker al voort. So 'n halfuur weg besluit ek om weer te probeer sms, nou is daar 'n boodskap van Stefan dat hy vir my by die garage wag, o wee, ek het geen manier om hom te kontak nie. Ek probeer skype om vir Pam te bel maar steeds geen internet nie. Terwyl ek nog so langs die pad staan en wonder wat om te doen, kom daar twee swaar gelaaide fietsryers verby, een Engels, die ander Hollands. Ek vra of ek vir Stefan 'n sms kan stuur en met die Hollandse selfoon kry ek dit reg, berig verzonden! Groot my verligting as Stefan so 'n halfuur later opdaag. In Monostor ry ons 'n pragtige paadjie langs die rivier. Ons moet nou oor die grens na Hongarye en ons volg summier die vlg. Bordjie wat wys grens 6km. By die Serbiese kant is almal heel vriendelik, ons paspoorte word gestamp en ry voort. Ons gaan nou oor die Danube en ek begin onraad vermoed, daar is 'n ander grenspos na Kroasie in die nabyheid. Oor die brug en dis sowaar Kroasie. Stefan gaan verduidelik ons fout, maar al raad is terug. Weer by Serbiese kant, was dit pas sewe uur en daar is nuwe beamptes op diens. Gelukkig se hulle daar sal geen probleem wees as ons na die ander grenspos gaan nie. Nou weer die 6km terug en dan nog 10km na die regte grenspos. By die laaste Serbiese dorpie, koop ons aandete by 'n klein winkeltjie,ons probeer al ons Serbiese dinara blaas maar kry dit nie heeltemal reg nie. Met ons sakke vol kos is ons deur die grensposte sonder probleme. Dis nou al donker en nog 4km na die eerste Hongaarse dorpie. Daar aangekom die gewone routiene, vra by die eerste drinkplek vir akkomodasie. Nee nie hier nie, maar in die volgende dorpie so 7km weg. Dis 'n slegte teerpaadjie maar darem geen verkeer. By die eerste drinkplek is daar baie jolige jongmense, een kan Engels praat, daar is 'n hotel so twee km verder. Ons kry dit maklik, dis al goed Na nege en die ontvangs dame is alweg. Met veel gesukkel en vele mense wat kom help tolk raak ons geholpe, maar dis R350 per persoon. Na 185km verdien ons dit seker. Ons verlustig onself in die weelde.
Van die sublime na die ridiculous en weer terug na die sublime
Sondag 21ste. Ek het 'n slegte nag tussendie muskiete, my matraslose le en vreeslike krampe in my regter onderbeen, so erg dat ek in die middel van die nag moet tent uit en eers bietjie rondloop. Met die inklim slag is daar weer 'n klompie opportunistiese muskiete wat saam inklim. As die son opkom, is daar 'n klomp versadigde muskiete binne in die tent, die ander steeds afwagtend buite op die tent. Stefan slaap wraggies tot half sewe,niks stuur sy slaap nie. Terwyl Stefan pak,ry ek 'n entjie terug,kry die aanwysings en die gemoedsrus dat ons op die regte pad is. Ons ry grondpad tot ons langs die rivier by 'n idilliese dorpie kom met huisies al langs die rivier, elkeen met eie jetty waar al wat leef en beef visvang. Geoordeel aan die karre wat buite staan en die grote van die omies se boep pense moet dit 'n ryk mans vakansie plek wees. Die paadjie is sleg en Stefan reken die mense moet minder visvang en eerder die pad regmaak. Ons wonder hoe die vloed hier gemaak het. Ons stop by 'n kafeetjie vir water en die man verduidelik ons is langs die klein Donau. Die regte rivier loop parallel verder, die vloed was 10 meter hoog daar. Ons kom by Domsod waar die aanwysings weereens verdwyn in die dorp. Ons koop ontbyt en die slag gaan sit ons heerlik by die rivier. Al genade verder is op die besige R51, gladnie goed vir my siel nie. Dis nog so 50km na Budapest en ek probeer vrede maak met die feit dat ons maar so Budapest toe sal ry. Maar 10km verder probeer ek vir oulaas om weer by die rivier te kom, links af vir so 3km tot by die rivier maar geen aanwysings. Die restaurant man verduidelik so dat ek darem verstaan ons kan langs die rivier op, eers met grondpad dan weer teer. Ons ry ons self vas in 'n landery en moet bietjie bundu bash. As ons onsself weer vasry, vat ons maar weer die pad terug na die gehate R51. Ek waardeer Stefan se geduld met my, ek dink hy wil net in Budapest kom, mak nie saak watter pad nie. Naby Budapest moet ons kies tussen die snelweg of 'n ander pad. Ek wil op die kaart kyk, maar geen kaart nie, vergeet by die laaste vra plek! Ons vat maar die snelweg met erge verkeer en kom Budapest binne van wes na oos. Naby die middestad stop ons by 'n garage vir roomys en 'n nuwe kaart. Die baie behulpsame garageman geevir ons 'n goeie kaart en verduidelik hoe ons by die rivier kan kom. Dis nie ver nie, die stad is manjifiek, die rivier groot in al sy glorie en op die koop toe kry ons weer die roete aanwysings! Ons geniet die aktiwiteit op die rivier, groot plesier bote en rivier barges. Ek kry 'n openbare toilet maar die tannie by die ingang wil 70 cent he (0.7 euro). Ek het net twee euro, duurste piepie nog. Ons ry maar so stadig al langs die rivier op en verlustig ons in al die geboue weerskante van die rivier. Ons verloor natuurlik weer die aanwysings. Na 'nstop by 'n winkel vir lafenis, vat ons maar 'n besige pad na die volgende dorp, Vac waar ons by die rivier uitkom. Dis 'n ongelooflike lekker somer Sondagmiddag en die rivier strand is vol mense wat swem, jetski of boot ry. Ons klim af en swem heerlik. Dis al sewe uur en nog tyd vir 'n laaste skof, die roete bordjies het weer hul verskyning gemaak ens ry 'n pragtige boomryke roete langs die rivier. Daar is baie mens op fietse wat ry vir oefening en plesier. Op 144km ry ons verby 'n kamplek by Nagymaros. Stefan wil graag 150 vol ry maar dit klink nie ifdaar slaapplek verder is nie. Vir R150 elk kan ons 'n kamer deel, net groot genoeg vir twee opstapel beddens met buite badkamers, maar gied genoeg vir ons. Ons treat onsself ook vir bier en ete by die restaurant. Ek slaap baie beter as die vorige nag, daar WiFi en ek kan skype en blog.
Monday, July 22, 2013
Ons en die gereg
Saterdag 20ste. Ons is vroeg op maar ontbyt is eers 7.30. Ek skryf blog, die hotel het wifi en Stefan gaan trek Hongaarse geld, geen kredietkaarte by die hotel nie. Dis buffet ontbyt en ons pak behoorlik weg om waarde te kry vir ons geld. Dis al amper nege voor ons wegkom. Stefan reken vandag kan 'n rusdag wees, ons hoef net 150km te dien! Ons is nou af van die roete en het geen kaart vir Hongarye nie. Die beste is maar rivier se kant toe, nadat ons bietjie agter ons neuse aangery het, kom ons by 'n teerpad wat lyk asof dit na Baja gaan,die vlg. groot dorp. Stefan sit voet in die hoek en ek byt vas agter. Dit voel vir my Stefan kry ekstra energie die vroeg oggend skof en dan weer die laatmiddag skof. Na so 'n uur se ry kry ons die fietsry teken by 'n groot kaart. Terwyl ons nog probeer uitpluis waar op die kaart ons is, kom die twee jong Dene daaraan. Hulle het net buite die eerste dorpie gekamp. Ons spring almal saam weg, weer op die grondwal, die slag erg stowwerig. Die een Deen skop af met 'n bose spoed met Stefan agterna, en ek moet trap om by te hou. Met die eerste die beste geleentheid vat Stefan voor, twee jong Deense snuiters sal hom nie weg ry nie! Dis die laaste sien van die Dene. Dis ons en die wal vir kilometers aan een. Hulle is besig om dele te sement maar die lorries het die pad so gery dat ons ploeter in sagte stof grond, harde werk. Eindelik bereik ons Baja en stop by die eerste winkel vir lafenis, dis bloedig warm. Weer maak ons die fout, as ons weer ry kom ons by 'n pragtige deel van die dorp by die rivier. Ons kry 'n Italiaanse paar fietryers wat net van Budapest kom. Hulle het ook die fantastiese Duitse boekie, Donau Radweg, met al die gedetaileerde kaarte. Hulle wys vir ons die roete wat hulle gevolg het. Weer voort al op die wal, boomryk aan die rivier se kant met so nou en dan 'n gesig op die rivier, landerye aan die ander kant. So vier uur kom ons by 'n oopte en sien weer die rivier in al sy glorie. Daar is 'n ferrie oorgang, swemplek, en baie plesier bote op die water. Ons swem te lekker, eet roomys en kyk hoe die groot vragbote verby vaar. As ons weer ry, kom ons gou by 'n klein dorpie maar anderkant geen aanwysings!! Ek onthou die Italiane het gepraat van Kalocsa en ons mik soontoe. Dis 'n groot dorp en daar is so wraggies waar 'n Spa wat baie goed is vir ons, net dis al vyf uur en toemaak tyd op 'n Saterdag middag. Ek kry 'n kaart van Hongarye by 'n garage en dit help darem om te wys waar ons is. Weer op die pad is al raad om op die besige R51 hoofpad na Budapest te ry. Ek is sielsongelukkig, het nie al die pad gekom net om op 'n besige hoofpad te fiets met karre wat vebyjaag. Die wind is sterk van voor maar Stefan trap en ek klou vas. Daar is 'n aanwysing na 'n dorp met die naam Fokto-Kis-Fokto, dis net soos ek voel, kis en fok toe! Groot my verligting as ons so 20km verder by die volgende dorpie weer die aanwysings optel, weer heerlik langs die rivier met 'n goeie teerpaadjie. Ons besluit om te kamp, moet darem opmaak vir die onkostes van die duur hotel. Dis so 7 uur as ons by Solt kom, al wat winkel is, is toe op die Saterdag middag en ons besluit om pizza te eet by 'n restaurant waar ons lekker op die stoep kan bier drink. Daar is selfs WiFi ook. Met alles is dit al sterk skemer as ons wegkom, net buite die dorp is daar weer 'n groot kaart en dit wys ons kom weer by die rivier verder aan waar ons moontlik kan kamp, maar hoe ver is nie duidelik nie. Ons trap en trap en sit maar Stefan se rooi flikker liggie op my rugsak as ons by 'n besige pad kom. O wee, 'n polisiekar langs die pad, ons eerste kennis making met die reg. Die poliesman is vriendelik; "just a small problem, you are not riding on the bicycle lane and you have no lights". Ons wys hom summier die rooi liggie en ek haal my kopliggie uit en sit dit op. die poliesman verseker ons die rivier is net voor. 'n Entjie verder kom ons by 'n fietspaadjie wat lyk asof dit by die rivier is maar ons het nou weer die aanwysings verloor. Daar is 'n plaat stilstaande water maar die oomblik as ons stop oorval 'n leerskare muskiete ons. Die teerpaadjie hou op en ons besluit om sommer net daar tent op te slaan, gelukkig is dit helder maanskyn. Met die tente opgeslaan verg dit tegniek om so in te klim dat die muskiete nie saam in klim nie. 164km maak ons so moeg dat ons gou wegraak.
Friday, July 19, 2013
Serbie op sy beste
Donderdag die 18de. Dis Mandela dag, klink nie of mense hier weet van Mandela nie, as ons se ons kom van Suid Afrika, hak hulle vas by Afrika. Na die nou tradisionel omelet ontbyt val ons so half nege in die pad, Stefan is nou al gekonfyt om sy sakerpasie agterop sy fiets te monteer, ek hoop ek kan 'n video aanheg van die ritueel. Gister het my sysakke begin los skud van die rak en skaaf teen die wiel. Stefan en ek maak 'n plan om die sakke vas te trek met 'n band wat ek saamgebring, dit werk baie beter. Tydens ontbyt praat ons finansies en probeer onthou wie het vir wat betaal, ons deel maar die uitgawes so tussen ons. Sover spandeer ons omtrent R500 per dag, te goed om waar te wees. Ons ry agterpaaie weg van die rivier maar deur pragtige landrye, voel asog die hele Serbie bewerk is. Ons ry deur baie klein dorpies.By Slamkamen is ons weer naby die rivier. Teen 11uur stop ons by Cortanovci oppad na Novi Sad. Die Duitse egpaar het suid van die rivier gehou verby Novi Sad maar dit beteken deur 'n stukkie Kroasie gaan, onmoontlik vir ons sonder visums. Ons volg maar die duidelike aanwysings styl bult op dan 'n salige afdraende na 'n pragtige dorp met baie ou geboue, Srem Karlovci waar ons geld trek. Naby Novi Sad ry ons weer in beboude dele dan oor die rivier na Novi Sad. Die rivier is geweldig indrukwekkend, 'n groot ou fort bewaak weer die ingang tot die stad. Gelukig is die aanwysings duidelik en oor die rivier hou ons op die noordelike oewer, gou kom ons weer op die wal langs die rivier, meestal teer maar so hier en daar grondpad, erg vir die boudjies. Dis al so drie uur toe ons langs die rivier stop waar 'n paar mense visvang. Ons koel heerlik af in die rivier, Stefan sommer weer met alles aan, ek darem die keer in my fietsry broek. Die rivier vloei sterk hier, 'n massiewe plesierboot ry gemaklik stroomop. Ons eet oorblyfsels van die vorige aand, 'n klein bootjie kom van die oorkant en word volgepak met 'n hele gesin vir die terugreis. Dis nou weer lekker op die wal al langs die rivier tot naby Bac Palanka waar ons weer op die groot pad kom. Ons stop by een van die menige padstalletjieswat waatlemoene verkoop. Ons besluit om een te koop en sommer daar te eet. Die jong man wat die stalletjie beman kan so bietjie Engels praat en hy bring stoele, mes en 'n bankie en ons smul heelik aan die waatlemoen al geselsende. Die longeling is net uit skool, so klink dit, wil nie boer soos sy pa nie, wil graag elktrisien word, het twee broers wat in Holland werk waar hy ook al gaan werk het. Hy klink negatief oor Serbie, se daar is nie 'n lewe vir hom nie, sy pa kom so nou en dan loer wat aangaan en kom dan se daar moet gewerk word en ons kry die boodskap. Gelukkig neem die pad ons verby Bac Palanka, die lorries ry lewens gevaarlik verby ons. Verder deur Karadordevo en by Mladenovo koop ons weer voorraad. Ons stop sommer langs die grondwal waar daar 'n moerasagtige area is nog weg van die rivier waar mense visvang, pa en seun van die wal af, ander van bootjies. Dit is so rustig langs die rivier en ons eet sommer sittende in een van die bootjies. Ons begin nou duidelik die effek van die onlangse vloede sien, Stefan reken die water merk op die bome is 5 meter bo die huidige watervlak, die wal het sy werk gedoen. Donker kom ons aan by Backo Novo Selo, weer die gewone gebare vir slaaplek eers by twee tiener meisies op 'n scooter en dan by 'n groep mans wat buite rondstaan. Sommer net oor die pad is 'n baie vriendelike tannie wat ons met ope arms ontvang. Dis eenvoudig, 'n kamer in die huis langs die kombuis. Haar seun word geroep met selfoon, hy kan so bietjie Engeks praat en ons beklink die transaksie. Dis al na nege wanner ons afgesaal en skoon gebad is. Ons dorste neem ons na die drinkeplek net langs die tannie se huis waar 'n klomp mans dominoes speel op die stoep. Sjoe maar die Serbiers kan rook! Ons slaap salig, in die middel van die nag raas die manne langsaan nog. Ons het 150km gedoen, sewe uur in die saal teen 21km per uur.
Terug Belgrade toe
Woensdag 17de. Na 'n eier en brood ontbyt vat ons die pad. Die roete bordjie neem ons dadelik na 'n gronpaadjie bo-op 'n mensgemaakte wal al langs die rivier. Ons neem aan die wal is daar om die landerye teen vloed waters te beskerm. Wonder waanneer die wal gebou is? Dis geskud is nie goed vir die seer boudjies nie maar dis weg van verkeer en so mooi. Die rivier se kant is boomreik, aan die ander kant landrye wat gyl groei met mielies, sonneblomme en koring of gars. Na so 'n uur en 'n half roep ek halt waar ons weer reg langs die rivier ry. Daar le 'n klompie vissersbootjies, paar bote van yster met hout sit plekke. 'n Ouer man in sy swem klere neem sy boot rivier op. Ons spring in die rivier, Stefan sommer met klere en skoene, dis warm. Ek skini dip. Daarna sit ons te lekker en eet langs sommer op 'n omgekeerde boot, salami en komkommer. 'n Bebaarde gryse ou man kom al pratende met sy trop bokke verby, sy hondjies kom bedel kos so in die verbygaan. Die man op sy boot kom weer in sig, hy swem in die middel van die rivier wat hier sterk loop, sy tydsberekening om weer sy drywende boot te kry is merkwaardig, seker jare se ondervinding. Ons mik vir middag in Belgrade. Ons ry vir omtrent 50 km grondpad op die wal salig sonder verkeer tot by war ons stop by Omoljoca vir die nou tradisionele drinking yoghurt, onversoet en ongegeur. Dis warm, raak so aan 35 grade, windstil, die eerste vir Stafan op die toer. So 10km voor Belgrade neem die pad ons weer op die grondwal tot by die brug oor die rivier na die middestad. Ons volg die aanwysings op 'n besige pad in 'n beboude deel. Ek moet my fiets rak laat swys. By die eerste die beste "service auto" loop ek 'n bloutjie. Die ou maak dit vas met cable ties, se dis 'n "Serbian job"! Die cable ties hou net om die draai. Hy stuur ons na 'n ander garage waar 'n baie behulpsame man groot moeite doen om dit te swys, dis aluminium wat spesiale swys tegniek vereis en hy is nie baie tevrede met die resultaat nie, se dus "Serbian job" en vra ons niks Nie. Die Serbian job hou nog! In druk verkeer spring ons weg en na 10km raak ek onrustig, ons moes al lankal oor die groot brug oor die Danau gewees het. Ons stop by 'n padstalletjie, veel gebare, veel onverstaanbare verduidelikkings, ons is op verkeerde pad noord van die rivier. Die vraag is of daar 'n brug is verder op. Ek bel selfs die inligtings buro in Belgrade, al wat ek uit hulle kan kry is " we have bridge". Op die ou end is dit maar weer die 10km terug in skroeiende hitte na die verwarrende aanwysings bordjie wat ons in die verkeerde rirting gestuur het. Oor die brug beland ons in die midde stad van Belgrade, koop water om ons ergste dors te les en kry aanwysings deur 'n tonnel, oor nog 'n brug na 'n pragtige paadjie al langs die rivier. Dis al na vyf en dit voel asof die hele Belgrade langs die rivier ontspan, menige stalletjies en restaurante op bote langs die rivier. roomys moet ons, dan weer aand ete, of is dit middag ete, koop by die naaste winkeltjie, gelukkig baie vrugte en groente. Ons sit op'n bankie en eet terwyl die skares verby loop, draf of roller blade, lyk soos die in ding in Serbie. Gelukkig is die aanwysings nou duidelik en ons is weer oppad tot ons al donker by Banovci kom waar daar gelukkig "rooms" geadverteer word. 'n Vriendleike Engels matig vrou help ons, kamer met lugreling vir R300, vir ons ontbyt ook. Hoe lekker was daai stort nie en sommer wifi op die koop toe. Ons het 141 km gedoen.
Wednesday, July 17, 2013
Fietsryers, fiets moeilikheid en ferries
KDinsdag 16de. Ons ontbyt bestaan uit die oorblyfsels van die vorige dag se middagete, salami vir ontbyt! Die Duitse paar is toe 'n baie gawe gryse paar, definitief ouer as ons, wat rustig so teen 70km per dag die Danube roete doen. Hulle beplan om by Kladovo oor die rivier te gaan en dan weer aan die Romeense kant terug te ry Belgrade toe, klink na 'n baie goeie idee. Die vrou praat Russies en kommunikeer so met ons gasheer. Hulle het 'n Duitse Danua Fietsry gids wat in detail 'n beskrywing en kaarte het vir elke dag, wens ons het so iets gehad. Ons kry waardevolle raad vir die deel van Serbia noord van Belgrad. Met al die kom ons eers 9 uur weg. Vir my is die roete bekend, ek het dit Sondag gery, die wind is net sterk van voor en ek sit maar weer in Stefan se slipstream reg agter sy groot sakerpasie. Op 'n stywe bergpas weg van die rivier, val my een sysak af. Die fietsry rak agter waarop die sakke gemonteer is het 3 stawe wat onder by die hub bymekaar geswys is. Die agterste een het los gekom. Ons kan darem my sak tussen die eerste twee stawe monteer. Dit beteken dat my hak so will-wil skawe aan die sak, veral opdraend. Ons sal maar erens 'n swyser moet kry. Bult af net voor die eerste tonnel is daar 'n fiets detour om die tonnel, pragtig af in 'n rivier en weer anderkant uit, ons stop om Stefan se sakerpasie weet te verstewig. 'n Man en vrou op 'n outydse trekker, man voor vrou op die treiler kom verby geput-put, 'n stukkie verlede in die hede, ek kry 'n mooi foto. Die pad is asem rowend mooi langs die rivier met menige tonnels. Die wind is sterk van voor en die tregter effek in die tonnel is erg. Ons mik vir middagete by Donji Malinovac maar met nog so 12km oor is my go uit en ons stop om bene te rek en Osdrif se droe vye vir energie. Net voor D Malinovac kry ons 'n Franse paar wat middagete langs die pad geniet. Hulle praat darem Engels, en ons "compare notes". In Tipiese Franse styl is die meisie se fiets elegant vroulik sonder dwars stang tussen saal en handle bars. Hulle dien die Danube so stuk stuk elke jaar en is nou oppad Bucharest toe. Heelwat ander toerende fietryers ry verby deur die dag almal rivier af. Net voor Malinvac hou ons stil by die indrukwekende kasteel wat die rivier bewaak. Ons middagete is weer die gewone, voorrraad by 'n winkeltjie hierdie keer ook rys koekies met kaas en ons eet lekker langs die rivier. Met die wegtrek slag hou my ketting aan glip, net om agter te kom die rekband waarmee ek ons kos op die fietsrak vasgemaak het, het in die agter hub opgewen. Gelukkig kans dit gou losdraai. Op pad uit is daar weer twee fietsryers langs die pad. Do you speak English? Of course! Dis twee Serbiers, die een met 'vreeslike lang baard, 'n Grieks Ortodokse priester, die ander werk op die cruise ships as a waiter en as hy af is ry hy fiets. Klink na 'n lewe! Hulle is besig om deur Serbie te toer. Ons kry waardevolle raad oor 'n alternatiewe roete terug na Belgrad. Ons is nou oppad na Velika Gradiste. Net nadat ons 'n stukkie grondpad langs die rivier gery het, skielik pssssst, die eerste pap wiel, Stefan se fiets se agter wiel. Dit seel gelukkig maar Stefan moet pomp om dit weer styf te kry. 'n Entjie later is daar die keuse van grondpaadjie, Stefan besluit wyslik om liewer die teerpad te vat synde ons pakasies en die onlangse pap wiel. Ek het nog nie gese nie, dat die Danube fietsry roete eintliK goeg gemerk is met hier en daar akternatiewe roete. Ek trek geld by V Gradiste en word van bakboord na stuurboord gestuur as ek vra om lugtyd en data op my simkaart te laai. My internet het baie baie stadig geword en ek kon nie die blog oplaai nie. Gelukkig kom ek uit by 'n selfoon winkel met 'n behulpsame engels sprekende man. Na 'n gestoei met my foon en die selfoon netwerk kry ek wat klink na 'n ongelooflike deal, eenweek onbeperkte internet vir R100. Die nuwe plan is om by Ram die ferrie oor die rivier te neem en aan die anderkant van die rivier Belgrad toe te ry. Dis al 16.45, die laaste ferrie ry ses uur en dis mog 20km, behoort dit te maak. Die roete neem ons op 'n pragtige paadjie eers langs die rivier en dan op 'n eiland wat verbind is met 'n grondwal. Net toe ons terug is op land is daar weer 'n keuse tussen grond en teer, nog 12km. Gelukkig suen Stefan net die grondpad en ek bly tjoepstil. Die paadjie word sanderig en twee spoor, ons ry ons vas teen die rivier waar die local se ons moet terug. Maar daar is 'n paadjie wat aangaan. My bundu bashing gees neem oor en met Stefan se protestasies in my ore, beur ek voort in die sand. plek plekmoet ons fietse stoot. Weer kry ons 'n Franse paartjie wat fiets in die tenoorgestelde rigting, hulle verseker ons nog net so 2-3km na die ferrie. Dis laat, die pad sleg, sakke hop en stamp. Ons ry so vinnig dat ons 'n rivier boot wat 3 barges rivier op stoot verbysteek. As die klok 6 uur slaan kom ons uitasem by die ferrie, nie veel aktiwitiet nie, behalwe 'n gelaaide fiets voor die ferrie. Die slag is dit 'n Poolse paar fietsryers wat ook oor anderkant toe. Dis half sewe toe die ferrie uiteindelik koerskry rivier oor, twee motors en 'n massiewe lorrie vol hout gelaai. 'n Klein bootjie met 'n groot enjin vasgemaak aan die ferrie se sy stuur die ferrie oor. Twee tiener serbiese meisies ry saam vir die lekkerte. Die een praat goed Engels wat sy geleer het deur Engelse kartoons te kyk as kind. Anderkant aangekom word ons oorval deur die restaurant eienaar wat sy "rooms" met groot ywer adverteer, alles in Serbies. Die Pole gaan verder aan ry na 'n kamplek. Daar is nog 'n uur se lig oor en ons besluit om nog te ry en ons laat 'n erg teleurgestelde eienaar van die "rooms" agter. Op aanbevelingvan die Serbiese priester fiersryer en sy maat, vat ons 'n jeeptrack op die wal van 'n groot kanaal.
Het julle al gewonder oor my agterstewe, dis voorwaar 'n teer saak. Elke hobbeltjie is 'n pyniging. Stefan het 'n hele potvol spesiale boudjie salf met enigiets van comfrey tot rooibos in wat veronderstel is om vir alles te help. Hoop dit doen. net voor donker kom ons by nog 'n klein dorpie, Dubovac. Die gewone roetine volg, by die eerste die beste winkeltjie die beduiery vir slaapplek. Daar speel 'n klomp kinders oorkant die straat en hulle word nader geroep om Engels te praat. 'n Klein suentie wat baie hard probeer maar omtrent net kan se," I speak English", neem ons met sy fietsie terug na 'n restaurant met rooms net voor die dorp. Dit blyk syouers se plek te wees. Daar is 'n kamer vir my en Stefan, wat duidelik nie onlangs gebruik is nie. Terwyl die vrou dit regkry drink ons bierop die stoep en probeer met die kinders kommunikeer. Ons kry aandete, slaap plek en ontbyt alles vir omtrent R300. Ons het 115km gedoen en 770 meter geklim. Die Danube is veronderstel om net 1000m te val van oorsprong na die see, maar die roete wat ons volg is allesbehalwe gelyk.
Getting in the groove
Maandag die 15de. Ons maak 'n lui begin. Stefan het die vorige dag 170km gedoen en tot 21.30 gery. Hy staan te verstane moeilik op. Daar is 'n nuwe man op diens wat nie Engels praat nie en dis weer gebare taal. Daar is 'n lang menu maar ons mag net een item kies, beduie die man, darem eet ons 'n lekker omelet ala Tim Noakes. Die kaart masjien is stukkend en ons moet geld trek. Dis eers 10 uur wat ons wegkom en gister se wind is nou van voor. Stefan sit 'n stywe pas in, dis al sy 8ste dag op die fiets en sy superior gene het al ingeskop. Al manier wat ek kan byhou is om styf in sy slipstream te sit. Na sowat 'n uur bereik ons die plek waar ek gister na my kortpad weer langs die rivier ingekom het. Die Duitse paar kom verby oppad Negotin toe en verder na Bulgarye. Ons gesels eers lekker. Hulle gee vir ons goeie raad oor die pad vorentoe veral oor hoe ons die noordelike deel van Serbie moet aanpak. Hulle se Hongarye is baie boring. Ons stop by BrzaPalanka vir water en 'n lafende roomys, dis warm en ons drink baie water. Al die plek name is in die serbiese alfabet sowel as romynse alfabet, baie vreemd dat die selfde naam so verskillend lyk. Oppad Kladovo toe moet ons besluit of ons kortpad opdraend ry of 'n 20km ompad nader aan die rivier, die bene met die wind van voor besluit maar dus kortpad, bult op maar darem weer bult af na Kladovo. Dis 'n groot plek langs die rivier met 'n groot stad oorkant die rivier in Romenia met die vreeslike naam van Drobeta Turnu Severin. Ons swem of moet ek liewer se drift in die rivier sommer met klere en koel lekker af. 10km verder is daar 'n groot damwal in die rivier met 'n sluis wat die skepe deur laat. Die damwal is ook 'n verbinding met Romenia met grens poste op die brug. My nuuskierigheid dwing my nader aan die damwal maar tweekeer word ons in geen onduidelike gebare taal deur sekuriteits beamptes laat verstaan ons is gladnie welkom nie, daar is selfs 'n kennisgewing wat se neem van fotos neem is verbode, wat is dan so geheimsinnig? Weer op die fietse beurend teen die wind, ek nog in Stefan se slipstream, ry ons aan tot by Tekija. Die pad is nou reg langs die rivier en baie mooi. Die Romeense kant lyk meer bewoond en daar is weer 'n groot dorp aan die ander kant, Orsava. Daar loop ook 'n groot pad aan die anderkant van die rivier. Dis al 4uur en ons koop laat middag ete by 'n winkeltjie, dis weer vrugte, groente, yoghurt en worsies en salami wat ons lekker sit en verorber op 'n bankie langs die rivier. Dis eers 5 uur toe ons wegkom en dis styl bult op maar boop word ons beloon met 'n asemrowende mooi uitsig van wat genoem word die Iron Gates, die nouste deel van die Danube waar dit deur 'n nou kloof loop met hoe kranse aan beide kante. Die afdraand word elke nou en dan onderbreuk vir fotos. Onder aan die Romeense kant loop die pad langs die rivier met 'n klien kasteeltjie wat die deugang bewaak. Ons voel so bevooreg om die deel van die Danube te kan beleef. Ons bly langs die rivier, Stefan sit weer die stuk in en ek klou om by te hoe. Ons bereik die punt waar ek gister weggedraai het bult op, die laaste stukkie is nou weer bekend vir my. Ons bereik Donji Milanvac net na sewe en begin kyk vir "rooms", die eerste tannie beduie nee sy kan nie vir ons vat nie, sy bel iemand anders wat ook nie kan nie. Weer terug na die middel dorp waar Stefan by 'n winkel vra, net om die draai is daar 'n omie en tannie wat rooms het in 'n drie verdieping gebou, maar hulle beduie daar is reeds 'n Duitse paar en lyk heel huiwerig om ons te neem. Ek dink ons pleitende uitdrukkings oorreed hulle, Stefan en ek deel 'n kamer, vir omtrent R100 elk, 'n bargain. Na 'n lekker stort en klere uitspoel treat ons inself op bier en steak, wat 'n fees. Ons raak in 'n hewige debat gewikkeld oor gesondheid as 'n basiese reg, Stefan se brein wat bevraagteken in hoogste rat.
Op die Serbiese platteland word die lande bewerk met afwisselend plate koring, mielies en sonneblom, lyk asiof alles gyl griei. Daar is baie trekkers met skeepwaentjies agter. Gister het ek 'n ruk agter een gery, voor in die kajuit was die man en sy hond, agter op die treiler sit vrou op 'n boomstop, so gewens ek het 'n GoPro gehad!
Daar is so baie besluite wat 'n mens moet neem op so 'n toer, die pad of daai pad, waar om te slaap, waar om te stop, wat om te eet. Ek is geneig om selfs na die besluit geneem is, te wonder wat as? Ek het nou die dag gelees fuetsry is goed vir meditasie. Dit voel vir my ek moet by 'n plek kom waar ek meer in die oomblik kan lewe, watter besluit 'n mens neem is nie die belangrikste nie, maar hoe'n mens die besluit uitleef, mindfullness as jy wil. Ek werk hieraan!
Sunday, July 14, 2013
Reunion
En Sondag die 14de. Garmin gelaai, is ek reg vir die dag. Maar my sonbril is nie in sy brilhuisie nie! Ek het dit vergeet in die huis. Met 'n angstige hart jaag ek terug. Die huis is toegesluit. Met moeite klim ek deur die venster, geen bril. Waar sal ek nou die man kry, ek het nie eers sy naam gevra nie. Skielik besef ek het die bril is in my ryhemp se agtersak. Ag tog! Terug dorpie dorpie toe. Net om te besef ek het my rugssakafgehaal toe ek deur die venste geklim het en dit daar laat le. Terug na die huis, die sak is nog daar onder die venster. Ek kry weer die man in die dorpie, hy kan glad nie verstaan wat aangaan nie en ek kan nie verduidelik nie. Ek is seker hy gaan die volgende paar dae baie stories vir sy drinke broers he. Ek is moedeloos met myself,geen salf meer aan my te smeer nie. Dit kos my 'n uur se waardevolle tyd en ek bekommer myself dat Stefan al die Iron Gates gaan verby wees voor ek hom kry. Ek druk myself en kom na 'n uur weer by die rivier by Velika Gradiste. Ek moet geld trek, het my laaste Serbiese Dinara vir die gasheer gegee. Gelukkig is daar 'n ATM. Rofweg is 100 din R10. Ek kry instruksies vir die pad voorentoe maar ry gelukkig verkeerd en kry 'n besige Sondag oggend mark waar ek perskes, appelkose, piesangs, wortels, tamaties en 'n komkommer koop. Maak dit vas agter op my fiets in 'plastieksak enweg is ek. Soos gewoonlik ry ek verkeerd maar by die rivier kry ek die amptelike aanwysings vir die Danube rivier fietsry roete wat ek die res van die dag kan volg. Ek maak goeie vordering tot by Vinci waar die roete langs die rivier bly. Dis 'n klein plekkie met 'n somer vakansie atmosfeer, opelug restaurante en 'n beach met swemplek. Ek kry ek 'n Duitse paar wat fiets regmaak. Hulle is oppad Turkeie toe. Verder is daar 'n switserse paar oppad terug nadat hulle Turkeie met die fietse plat gery het. Die pad is gelyk, baie mooi langs die rivier met baie tonnels die langstes 250meter maar dit raak erg donker en besorg my angstige oomblikke. Wat maak ek as daar 'n groot lorrie kom? Veiligheids halwe sit ek my rooi flikker liggie agterop my fiets. Teen 'n styl bult, ja die pad is nie net gelyk nie, ry ek twee pare fietsryers verby. Praat julle Engels? Frans, en daar stop die kommunikasie. Ek mik vir D.Milanovac en eet so dan en wan van die voorraad agter op my fiets. Tren die afdraande hoor ek 'n geskaaf by die agterwiel, stop net om te ontdek dat dit die plastiek sak is, darem net die een appel het 'n skaafwond. Dis al oor twee toe ek Milanovac bereik, pragtig langs die rivier. My selfoon raak pap en ek sit dit net so nou en dan aan om te hoor waar Stefan trek. Dit blyk dat hy 'n moeilike dag teen die wind het en nog ver van die grenspos is. Ek het al 100km gedoen en het beplan om aan te stoot na Kladovo by die Iron Gates, nog so 60km. Maar met Stefan nog so ver van die grens besluit ek om 'n loop van die rivier uit te sny sodat ek hom nader aan die grens kan kry. Miskien kan ons nog bymekaar uitkom. Maar die kortpad gaan van die rivier reg berg op. 10km van spin in grannie gear, my bene dryg om te kramp en 'n mengsel van sweet en sunblock brand my oe dat dit 'n aardigheid is. Uiteindleik kom ek by 'n dorpie Miroc. Sondag middag 5 uur en die village plein is in rep en roer. 'n Orkes op vol volume wat die Serbiese ekwivalent van sakkie-sakkie musiek uitbler, viool, trompet en klavier. Klere stalletjies, die manne drink bier om 'n boomstop, oues eenkant van die jonges, drie gekopdoekte tannies met hul kieries sit in die skaduwee, die jonger vrouens op hul eie deel opgewonde die nuutste skinner nuus. Ek koop melk, 'n piesang en 'n blikkie sardientjies, my eerste proteiene op die trip. Waar die gebler van kom is daar 'n gebraai, ek koop iets tussen 'n vetkoek en 'n hamburger. Deeg so groot soos 'n pannekoek op die kole met 'n vleisie tusen in, heerlik vullend, sommer my aand ete. Weer op die fiets word die slegte teerpad, amper so sleg as wat ek in die Oos-Kaap ervaar het, 'nbietjie beter grondpad, die wiele is styf gepomp en die ry hard. 'n Slang in die pad skrik net so groot soos ek, 'n sklipadjie krup vinnig in sy dop as ek verby kom. Wat op moet af en uiteindelik is daar lang afdraend en die pad is weer teer. Die saligheid word weer onderbreuk deiur 'n geskaaf. Stop net om te ontdek die opblaas matrassie bo-op die fiets carrier het afgeval en die strap skaaf op die wiel. O wee, omdraai en gaan soek? Opdraand en wind van voor, nee wat, sal maar moet hard slaap en skuld vir Eve 'n nuwe een. My garmin gee die gees na 128km. Terug by die rivier op die hoofpad besluit ek om suid te ry na Negotin, dis al oor ses en nog so twee uur voor donker. Nog 28 km, gelukkig is die wind van agter, my bene is klaar en hou net die fiets aan die gang. Sonsonderganag trek ek in by Negotin. Die Beograd hotel adverteer fietsryers welkom, na 'n verdwaal kry ek die hotel, op die dorp plein wat ene aksie is. As ek my fiets parkeer, laat die eienaar gou vir my verstaan dat ek elders moet parkeer. Ek Strip en vertel hom in Afrikaans hoe moeg my bene is en watse onnodige moeite hy my gee. Die hotel ontvang my met ope arms, Engels nogal, het selfs veilige parkeerplek vir my fiets. Gou is ek in die stort en dan winkel toe waar ek 2 liter drinking yoghurt koop. Terug by die hotel is dit bier op die stoep en uiteindelk 'n roomys. Stefan laat weet hy is oppad en arriveer in pikdonker, wat 'n fees. Ons grsels tot laataand oor nog 'n biertjie.
Saturday, July 13, 2013
On my way!
It is early morning just past six and already warm. I amsitting on the stoep of a garage waiting for my Garmin to charge after doing just a few kilos. Friday morning was hectic. you can imagine my relief when I had passport in hand with the necessary visas. Needlless to say I check my passport every few minutes. The airline charged me an arm and a leg for the bicycle, really upsetting. Just made the weight limit. The flight was uneventful, just in the haste of leaving I forgot to put my cell phone on roaming. No cell reception in belgrade. Was just so relieved to see by luggage and bike arrive. Did the soft thing and took a taxi for the 25km to Belgrade city cente. Taxi dropped me in the CBD and there on the pavement I assembled my bike to the irritation of the stall owner next to me. I got a good map of Serbia at a nearby bookshop and then finally manged to get a new simcard after being sent from pillar to post. The information buro was kind enough to look after my bike and gave helpful directions out of town and I set off past twelve. My garmin is a bit like me, does not like cities and keeps on telling me I am must my a U turn. A friendly man helps me to find my way, shows me the beautiful cathedral and wants a tip. I hate the city, got nearly run over by a tram from behind. Still getting used to riding on the right and was expecting the bus from in front. A passer by stop me to show me how flat my tyres are and I pump them there and then and later a roadside repair shop, plenty of them. Finally I am in the country side, stop at a road side market for lunch, two apples and 4 peaches. Soon I hit the first hill and stop halfway up to change in my cycling clothes. I check my passport in my moon bag, zip open! Only to fund it safely in the next pocket. That fright is enough to give me a SVT that fortunately reverts soon. I struglgle to find my rythm and progress is slow. The first sigthing of the Danube is special, what a huge river. I cycle mostly along side the river and reach Smeredevo at four. The main attraction is the well preserved remains of a huge medieval fort on the river banks. I buy water but the icecream at the vendor is all melted, aaah. Off again, the garmin likes the country side and helps me when I get lost. The route takes me in land. By 20.00 the sun sets. I had hoped to reach the river again but it is still too far. In a small town called Sirakovo I ask for accommodation from a group of men drinking beer on the stoep of a cafe. They direct me to a place 1 km back that I passed with lots of loud music. There is a wedding reception and no beds. Back to the men on the stoep, no english just gesticulations. When I show them my camping gear one of them says I must follow him. I have no idea where we are going. I follow him for a km or two until we reach an old derelict house in the country side. It turns out that he is living there and is inviting me to sleep there, what I am I letting myself in for! No water, no toilet but a electricity providing some light. He offers me a cucumber and a tot from a plastic bottle, one sip of what tastes like pure alcohol is enough. despite my protestations he insists that I sleep on his bed and he on the floor. He iis very frustrated that I cannot understand him but nonethless keeps on talking and gesticulating. I sleep with my passport and wallet under the pillow. Wewake ip at 4.30 and he helps me on my way.
Garmin is charged and I am on my way again. Stefan slept (for the first time in a bed!) about 40km from border I and we hope to meet each some tome today. The route is mostly along the river, great!
Friday, July 12, 2013
Elation
Yesterday I was soo anxious, my passport on its way to the Serbian embassy. 9.30 I phone the embassy, ,no passport there yet! Phone the courier company ,they will deliver. Another phone call to the embassy - please do not phone again, we are busy. Past 14.00 I phone the embassy again, visa has been issued and passport collected. Miracle! Travel angency, Saturday flight full, Sunday still available. What about Friday. Mmmmmm, maybe. By 17.00 I am booked on Turkish Airways to Istanbul 15.40 on the 12th with a connecting flight to Belgrade. Fiinally devastation turns into elation! this must be an all time record; a new passport within a week, a Schengen visum within two days, a serbian visa re-issued in a morning, and a new flight plan in an hour! special thanks to Mrs Jordaan at Home Affairs in Worcester who phoned Pretoria daily, the friendly peope at the German embassy who where preoared to go the extra mile, Postnet Cape Town who went out of their way to deliver and pick up the passport on the same day, the Serbian embassy who put up with my more than daily phone calls and delivered in a morning and last but not least, Madre, at Flight Centre is Worcester who patiently changed flights so many times.
Stefan in the meantime is making good progress and slept for the first time at the Danube river at Rousse, did 220km in 10 hours yesterday, absolutely amazing. He wants me to meet him at the Serbian/Bulgarian border at Bretovo, probably on Sunday. Hope we do not pass each other without noticing!
Monday, July 8, 2013
The rollercoaster ride
Monday the 1st of July back in Worcester I apply for a permanent passport first thing in the morning. A friendly lady says they will do their best but an application can take up to 6 weeks! No guarantees,phone again on Thursday. Some hope restored. The Serbian embassy who has already issued mewith a visa says thay will re-issue the visa but the ****** Swiss say I must reapply for a new Schengen visa, that means another week delay. The visa company advises me to apply at the German consulate in Cape Town, they can issue a visa within a couple of days. I make an appointment for Monday week the 8th.
Wednesday 3rd I enquire at home affairs, passport at the printing stage.
Thursday 4th, it has been issued but must still be checked. At the earliest will arrive on Wednesday the next week. In the meantime Stefan is making final plans to leave on the 7th as scheduled. We get together on Thursday evening to compare notes. We will keep incontact via sms. Stefan bought a solar battery charger for cellphones and iPads. That means I can blog on the run!
Friday 5th, still no news. I ask for a contact of a home affairs official in Pretoria but she is not available. Phone the company who organizes the German embassy appointments to postpone my apointment on Monday the 8th. Too late, have to reapply, next available appointment only on Friday the 12th. Aaaah. As I was to have departed on the 7th this is my last opportunity to postpone the flight but I have to rebook a specific date. What a difficult call to make! Eventually I decide on flying out on the 17th to give me maximum time but that means I will miss half the trip - devastated again.
Monday the 8th 8.00 I phone Home Affairs in Pretoria, my passport is on its way should be in Worcester at 12.00. I decide to go to the German embassy for my scheduled appoitment even with no passport. A friendly embassy official again, can come without appointment as soon as my passport arrives. Whow! 11.00 Worcester home affairs phones, passport arrived. Another yippeeee!
Tuesday 9th, off early to German embassy. The friendly official approves my application, I can collect my visa the next day, amazing! I vist the nearest Postnet to make arrangements to courier my passport the next day to the Serbian embassy in Pretoria to re-issue my visa. Just to make sure I phone the Serbian embassy to make sure they will issue the visa after I have been reassured twice before. This time after my explanation I am put through to a grumpy official, how do they know my passport was really stolen? No assurances if and when they can re-issue the visa! Aaaah, back to square one. This after I emailed them a copy of my new passport.
Wednesday 10th . Schengen visa issued, multi-entry nogal! Off to Postnet to courier it to The Serbian embassy where it will arrive tomorrow at 9.00.
Subscribe to:
Comments (Atom)


















