Tuesday, July 23, 2013

Ons verdwaal, verloor mekaar en gaan na die verkeerde grenspos

Vrydag die 19de. Ons is vroeg op, Stefan is haastig, 6.45 is ons opgesaal en reg, maar niks gasvrou nie. Net voor sewe daag sy op, sy is alklaar aan't huis verwe en vol verf spatsels. Ons besluit om nie ontbyt te neem nie en val in die pad wat weer die wal langs die rivier is opad na Ziva. Nie lank nie en die roete bordjie wys ons moet regs af van die wal, maar ir ons lyk dit verkeerd. Ons volg maar die pyl en ry van dorpie tot dorpie maar geen verdere aanwysings nie. So in die  ry vra ons die pad na Ziva, ja, mans vra ook pad! Eers word ons beduie reguit aan, maar later ken niemand die naam nie. By die laaste dorpie ry ons verby 'n perdekar en Stefan vra rigting so in die verbygaan; reguit aan. Ek raak onrustig en vra weer, dis nou 'n ander storie. Weer 'n groot klomp gebare en onverstaanbare tale, maar ons moet 'n ander pad vat wat ons gelukkig weer by die aanwysings bring. Ons stop net daar en koop ontbyt en verorber dit onder die boom net voor die winkel. Twee jong Deense fietsryer kom verby en ons raak an die gesels. Hulle is op 'n gap jaar en het in Mei in Franryk begin, hulle fietse is op die eerste dag gesteel! Hulle is nou op die laaste deel van hul avontuur , ry ook stroomop soos ons. Hulle is vooruit terwyl ons klaar eet. Die pad volg nou die wal langs die rivier, meestal grondpad, soms so sleg dat ons die ander grondpad langs die wal probeer. Met die skud my een sak los, die een lussie waardeur ek die band steek, ruk af. Ek probeer vir Stefan roep, hees geskree maar al wat hoor is Stefan. as hy eers ry, is hy in 'n wereld van sy eie. Gelukkig stop hy darem 'n ent verder en as ek hom inhaal kan ons die saak berreder. Stefan is soos 'n diesel enjin, het geen ent. Al manier wAt ek kan byhou  is in sy slipstream. As ek agter raak, moet ek sprint om by te kom anders is dit neusie verby. Stefan trap met laer revolusies (cadence) as ek. Dis soos pa wat voor loop met lang tree en boetie wat op pa se hakke trippel om te probeer byhou. Middag kom ons by Apatin, dis warm en ons stop by die eerste die beste winkel, eet sommer op die gras voor die winkel. Die hitte maak ons lomerig en ons dut op die gras. Weer aan die gang net 'n paar honderd meter verder kom ons weer by die rivier, pragtig. Ons kon lekker by die rivier ontspan het. Ons draai nou weg van die rivier na Sombor, 'n baie bobryke dorp. Weer raak onsh die bordjies kwyt. Ons eindig op by 'n garage,ek bestudeer die jaart, koop roomys en Stefan vra pad. Ek het skaars die roomyse in hand toe Stefan my roep, ddar is 'n man wat gou die pad sal wys, ons moet agterna met die fietse. Ons spring op die fietse en so al roomys etende agterna. Skaars weg besef ek, ek het my sonbril by die garage laat le. Ek skrre vir Stefan hy moet voirt ek sal kom. By die garagex vind ek my sonbril agter op die fietsrak! Ek jaag agter Stefan maar sien hom nie. Ek kry wel die aanwysings na Monostor, die vlg dorpie, maar as ek vir Stefan sms wil die boodskapnie deurgaan nie, my data alweer op? Wat nou? Ek besluit om maar aan te ry, Stefan is seker al voort.  So 'n halfuur weg besluit ek om weer te probeer sms, nou is daar 'n boodskap van Stefan dat hy vir my by die garage wag, o wee, ek het geen manier om hom te kontak nie. Ek probeer skype om vir Pam te bel maar steeds geen internet nie. Terwyl ek nog so langs die pad staan en wonder wat om te doen, kom daar twee swaar gelaaide fietsryers verby, een Engels, die ander Hollands. Ek vra of ek vir Stefan 'n sms kan stuur en met die Hollandse selfoon kry ek dit reg, berig verzonden! Groot my verligting as Stefan so 'n halfuur later opdaag. In Monostor ry ons 'n pragtige paadjie langs die rivier. Ons moet nou oor die grens na Hongarye en ons volg summier die vlg. Bordjie wat wys grens 6km. By die Serbiese kant is almal heel vriendelik, ons paspoorte word gestamp en ry voort. Ons gaan nou oor die Danube en ek begin onraad vermoed, daar is 'n ander grenspos na Kroasie in die nabyheid. Oor die brug en dis sowaar Kroasie. Stefan gaan verduidelik ons fout, maar al raad is terug. Weer by Serbiese kant, was dit pas sewe uur en daar is nuwe beamptes op diens. Gelukkig se hulle daar sal geen probleem wees as ons na die ander grenspos gaan nie. Nou weer die 6km terug en dan nog 10km na die regte grenspos. By die laaste Serbiese dorpie, koop ons aandete by 'n klein winkeltjie,ons probeer al ons Serbiese dinara blaas maar kry dit nie heeltemal reg nie. Met ons sakke vol kos is ons deur die grensposte sonder probleme. Dis nou al donker en nog 4km na die eerste Hongaarse dorpie. Daar aangekom die gewone routiene, vra by die eerste drinkplek vir akkomodasie. Nee nie hier nie, maar in die volgende dorpie so 7km weg. Dis 'n slegte  teerpaadjie maar darem geen verkeer. By die eerste drinkplek is daar baie  jolige jongmense, een kan Engels praat, daar is 'n hotel so twee km verder. Ons kry dit maklik, dis al goed Na nege en die ontvangs dame is alweg. Met veel gesukkel en vele mense wat kom help tolk raak ons geholpe, maar dis R350 per persoon. Na 185km verdien ons dit seker. Ons verlustig onself in die weelde.


No comments:

Post a Comment