Friday, July 26, 2013

Sprokies mooi Oostenryk

Woensdag 24ste. Ek is vroeg op met 'n seer lyf van die harde slaap en skryf blog en probeer fotos aflaai met die internet tyd wat nog oor is. Ons ontbyt is 'n paar snye brood van gisteraand se oorblyfsels. Dis al amper 9 uur as ons in die pad val. Vandag is die roete so goed gemerk dat daar min kans is vir verkeerd ry! Dis meestal 'n pragtige geteerde fietspaadjie al langs die rivier. Vandag is daar eers baie fietsryers op die pad, baie gesinne, selfs 'n hondjie ry saam voor in 'n fiets mandjie. Vanaf Altenworth is daar 'n paadjie aan elke kant van die rivier en ons het 'n keuse. Daar is nou ook elke nou en dan 'n wal in die rivier met sluise vir die skepe. Ons sien geweldig baie plesier bote, massiewe bote wat 160 mense vat. Dit moet 'n groot toeriste bedryf wees. Die eerste deel tot by Krems is nog plat maar dan begin die wereld bergagtig raak, nou nie ons soort berge nie maar darem. Dis bewolk vandag en bietjie koeler, bly onder die dertigs. Daar val so 'n paar druppels maar net so een op die grond en een op die hond. By Krems stop ons by 'n Spar en koop drinkgoed, piesangs en wat ons dink is yoghurt. Net uit die dorp besluit ons om weer aan die suidekant van die rivier te ry, oor die brug kry ons 'n lekker plekkie by die rivier. Die yoghurt is toe room. Dit laat my die die heel dag vol voel. Die rivier loop nou tuseen die berge deur en ons paadjie 'n bietjiie meer op en af. Ons ry deur wingerd lande en vrugte boorde, voel soos Worcester. Elke nou en dan ry ons deur 'n klein dorpie met die huise op die strate gebou. Oorkant is die berghelling beplak met wingerde. Elke nou en dan is daar 'n groot kasteel teen die hang. Voorwaar 'n sprokies land. Ons vorder vandag goed teen amper 23km per uur. Stefan se wiel raak weer bietjie pap maar niks wat die pomp nie kan regmaak nie. My fiets begin ook geluide maak, dink dis dalk die BB joint maar sal maar moet hou tot die einde. Met die goeie kaart beplan ons vandag om te ry tot by Au waar daar 'n kamplek is. Dis middag drie uur en 110km  later dat ons by Ybbs kom. Ons koop weer drinkgoed by 'n Spar en sit langs die rivier en eet. Ek raak vaak en vang 'n dutjie tot Stefan my tot orde roep. "Time and tide wait for no man" is sy geliefde aansporing. Op die pad lewe ek op melk produkte, volroom melk en yoghurt in een of ander vorm. Ek neem geen koeldrank, vrugte sap of energie stafies nie en dit lyk asof dit werk. Weer op die pad kruis ons weer die rivier by Wallsee want ons kampplek is oorkant. Weer langs die rivier, ry ons weer een van die ou bekende plesierbote verby, dis hasie en skilpad, die bote stop nie. Die paadjie is nou plek plek heel verspoel van die vloed skade. Sewe uur kom ons by die kamplek, 'n mooi plekkie langs die rivier en vriendelike mense wat Engels praat. 10 Euro per kop is nie sleg nie. Ons kontant is net amper op, ek moes vnadag geld gettek het, my beurtvir die geld kittie. Stefan krap rond in sy rugsak vir die laaste euros en ons kom uit by 28 Euro nadat ons die kamplek betaal het. Die naaste winkel is 4km weg en ons besluit om maar sommer by die kamplek te eet, dit meen 14Euro per persoon en ons bestudeer die menu teen die muur in detail vir die beste opsies, net 'n bier moet ek he vandag! Op die ou einde is dit pizza en 'n lekker buegette, tipeis Oostenryks. Hier by die kampplek laai almal hullle elektronise gadgets sommer in die badkamer en ek maak ook so, los my iPad oornag daar! Dit lyk na reen as ons inkruip. Vandag het ons 159 km gedoen.

No comments:

Post a Comment