Sunday, July 14, 2013
Reunion
En Sondag die 14de. Garmin gelaai, is ek reg vir die dag. Maar my sonbril is nie in sy brilhuisie nie! Ek het dit vergeet in die huis. Met 'n angstige hart jaag ek terug. Die huis is toegesluit. Met moeite klim ek deur die venster, geen bril. Waar sal ek nou die man kry, ek het nie eers sy naam gevra nie. Skielik besef ek het die bril is in my ryhemp se agtersak. Ag tog! Terug dorpie dorpie toe. Net om te besef ek het my rugssakafgehaal toe ek deur die venste geklim het en dit daar laat le. Terug na die huis, die sak is nog daar onder die venster. Ek kry weer die man in die dorpie, hy kan glad nie verstaan wat aangaan nie en ek kan nie verduidelik nie. Ek is seker hy gaan die volgende paar dae baie stories vir sy drinke broers he. Ek is moedeloos met myself,geen salf meer aan my te smeer nie. Dit kos my 'n uur se waardevolle tyd en ek bekommer myself dat Stefan al die Iron Gates gaan verby wees voor ek hom kry. Ek druk myself en kom na 'n uur weer by die rivier by Velika Gradiste. Ek moet geld trek, het my laaste Serbiese Dinara vir die gasheer gegee. Gelukkig is daar 'n ATM. Rofweg is 100 din R10. Ek kry instruksies vir die pad voorentoe maar ry gelukkig verkeerd en kry 'n besige Sondag oggend mark waar ek perskes, appelkose, piesangs, wortels, tamaties en 'n komkommer koop. Maak dit vas agter op my fiets in 'plastieksak enweg is ek. Soos gewoonlik ry ek verkeerd maar by die rivier kry ek die amptelike aanwysings vir die Danube rivier fietsry roete wat ek die res van die dag kan volg. Ek maak goeie vordering tot by Vinci waar die roete langs die rivier bly. Dis 'n klein plekkie met 'n somer vakansie atmosfeer, opelug restaurante en 'n beach met swemplek. Ek kry ek 'n Duitse paar wat fiets regmaak. Hulle is oppad Turkeie toe. Verder is daar 'n switserse paar oppad terug nadat hulle Turkeie met die fietse plat gery het. Die pad is gelyk, baie mooi langs die rivier met baie tonnels die langstes 250meter maar dit raak erg donker en besorg my angstige oomblikke. Wat maak ek as daar 'n groot lorrie kom? Veiligheids halwe sit ek my rooi flikker liggie agterop my fiets. Teen 'n styl bult, ja die pad is nie net gelyk nie, ry ek twee pare fietsryers verby. Praat julle Engels? Frans, en daar stop die kommunikasie. Ek mik vir D.Milanovac en eet so dan en wan van die voorraad agter op my fiets. Tren die afdraande hoor ek 'n geskaaf by die agterwiel, stop net om te ontdek dat dit die plastiek sak is, darem net die een appel het 'n skaafwond. Dis al oor twee toe ek Milanovac bereik, pragtig langs die rivier. My selfoon raak pap en ek sit dit net so nou en dan aan om te hoor waar Stefan trek. Dit blyk dat hy 'n moeilike dag teen die wind het en nog ver van die grenspos is. Ek het al 100km gedoen en het beplan om aan te stoot na Kladovo by die Iron Gates, nog so 60km. Maar met Stefan nog so ver van die grens besluit ek om 'n loop van die rivier uit te sny sodat ek hom nader aan die grens kan kry. Miskien kan ons nog bymekaar uitkom. Maar die kortpad gaan van die rivier reg berg op. 10km van spin in grannie gear, my bene dryg om te kramp en 'n mengsel van sweet en sunblock brand my oe dat dit 'n aardigheid is. Uiteindleik kom ek by 'n dorpie Miroc. Sondag middag 5 uur en die village plein is in rep en roer. 'n Orkes op vol volume wat die Serbiese ekwivalent van sakkie-sakkie musiek uitbler, viool, trompet en klavier. Klere stalletjies, die manne drink bier om 'n boomstop, oues eenkant van die jonges, drie gekopdoekte tannies met hul kieries sit in die skaduwee, die jonger vrouens op hul eie deel opgewonde die nuutste skinner nuus. Ek koop melk, 'n piesang en 'n blikkie sardientjies, my eerste proteiene op die trip. Waar die gebler van kom is daar 'n gebraai, ek koop iets tussen 'n vetkoek en 'n hamburger. Deeg so groot soos 'n pannekoek op die kole met 'n vleisie tusen in, heerlik vullend, sommer my aand ete. Weer op die fiets word die slegte teerpad, amper so sleg as wat ek in die Oos-Kaap ervaar het, 'nbietjie beter grondpad, die wiele is styf gepomp en die ry hard. 'n Slang in die pad skrik net so groot soos ek, 'n sklipadjie krup vinnig in sy dop as ek verby kom. Wat op moet af en uiteindelik is daar lang afdraend en die pad is weer teer. Die saligheid word weer onderbreuk deiur 'n geskaaf. Stop net om te ontdek die opblaas matrassie bo-op die fiets carrier het afgeval en die strap skaaf op die wiel. O wee, omdraai en gaan soek? Opdraand en wind van voor, nee wat, sal maar moet hard slaap en skuld vir Eve 'n nuwe een. My garmin gee die gees na 128km. Terug by die rivier op die hoofpad besluit ek om suid te ry na Negotin, dis al oor ses en nog so twee uur voor donker. Nog 28 km, gelukkig is die wind van agter, my bene is klaar en hou net die fiets aan die gang. Sonsonderganag trek ek in by Negotin. Die Beograd hotel adverteer fietsryers welkom, na 'n verdwaal kry ek die hotel, op die dorp plein wat ene aksie is. As ek my fiets parkeer, laat die eienaar gou vir my verstaan dat ek elders moet parkeer. Ek Strip en vertel hom in Afrikaans hoe moeg my bene is en watse onnodige moeite hy my gee. Die hotel ontvang my met ope arms, Engels nogal, het selfs veilige parkeerplek vir my fiets. Gou is ek in die stort en dan winkel toe waar ek 2 liter drinking yoghurt koop. Terug by die hotel is dit bier op die stoep en uiteindelk 'n roomys. Stefan laat weet hy is oppad en arriveer in pikdonker, wat 'n fees. Ons grsels tot laataand oor nog 'n biertjie.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Hoffie. Bly jy en Stefan is bymekaar. Geniet dit. Ek sal my bes doen more oggend vir Sani. Vandag bietjie woes by werk. Geniet dit en dankie vir die blog.
ReplyDeleteGroete
Jacques
Hoffie.
ReplyDeleteEk is bly julle het mekaar gevind! Klink my die rollercoaster gaan darem nou bedaar...
Hoop daar is geen verdere SVT episodes nie.
Php 4:6-7 Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. (7) En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.
Bewaar tog jou sinne!
Groete
Francois
Jislaaikit Pa!! Klink omtrent na baie avontuur! Bly jy en Stefan het mekaar uiteindelik gevind. Geniet elke oomblik.
ReplyDelete